Migration Network Australia (MNA), jou visum spesialis vir Suid Afrikaners wat na Australië wil emigreer, verwelkom jou.
Alhoewel ons vaardigheid in die Suid Afrikaanse mark is, het ons agente wat met aansoeke van oor die hele wêreld werk. Ons verwelkom aansoeke van oral uit die buiteland sowel as van binne Australië.
Ons doel is om die goedkoopste, vinnigste en mees permanente opsie aan ons kliënte voor te lê. Daar is ongelukkig gevalle waar nie almal onmiddelik kwalifiseer vir ʼn permanente visum nie. In hierdie geval stel ons die tydelike visum voor wat vir jou, die kliënt, die vinnigste sal toelaat om aansoek te kan doen vir ʼn permanente visum.
Die besluit om te emigreer, is sekerlik een van die grootste besluite van enige persoon se lewe. Die effek wat dit op jou en jou gesin, jou familie, vriende en loopbaan het, is langtermyn en gewigtig. Baie onserkerheid is daaraan verbonde. Ons as oud Suid Afrikaners, wat self deur hierdie vuur geloop het, verstaan wat jy sal ervaar en ons kan advies gee waar nodig. Ons bou hegte bande met ons kliënte en hanteer almal asof dit ons eie familie is! Ons het nog almal familie en vriende in Suid Afrika, en ons verstaan hoe dit voel om die bekende agter te laat.
Ons gee nie net emigrasie advies nie. Ons het ʼn netwerk van besighede en instansies wat almal help om die oorgang te vergemaklik. Ons netwerk in Australië bestaan tans uit die volgende dienste:
• Afrikaanse kerke waar beskikbaar,
• eiendoms agente,
• finansiering vir huise en motors;
• advies oor banke en finansiële instansies,
• Verkennings vakansies (LSD “Look, see, decide” verskaffers)
• indiensnemingsmaatskappye; en
• besigheids makelaars en raadgewers.
Ons voorsien ons kliënte met
• die pryse van basiese kruideniersware,
• salaris skale,
• belasting skale,
• annuïteit inligting (super annuation)
• skoolfooie en veel meer.
Alhoewel ons nie self enige werksgeleenthede voorsien nie, kan ons help met die regte kontakpersone en webwerwe waar jy die beste inligting kan bekom. Baie Suid Afrikaanse agente kan nie dieselfde diens lewer nie, aangesien hulle nie self hier in Australië woon nie.
Ons bied betalings opsies aan soos volg:
• $200/$500 deposito en 90 dae om die balans te betaal
• $200/$500 deposito en 12 gelyke maandelikse afbetalings ($150 word gehef op die afbetalings plan om rente en administrasie kostes te dek).
Betalings kan gedoen word met direkte deposito of met kredietkaart aftrekkings vanaf Visa en Master kaart.
Daar is nie ʼn voorgeskrewe vasgestelde tarief nie. Die tabel hieronder is ʼn uiteensetting van die gemiddelde tariewe wat tans gevra word. MNA stel ons fooie binne die bedryf gemiddeld en die kostes wissel opwaarts, indien daar komplikasies is met ʼn aansoek. Elke aansoek is anders en dinge soos ekstra bewyse i.v.m. de facto verhoudings of waar die aansoeker hul eie besigheid bedryf, veroorsaak dat ons baie meer inligting moet bekom. Al die inligting moet in ʼn vooraf bepaalde manier saamgestel en uiteengesit word. Dit is ons taak om te verseker dat dit voldoen aan die vereistes van die owerhede hier. Ons lewer geskrewe kwotasies met elke aansoek wat ons evalueer. Alle pryse is in Australiese dollars en BTW is tans 10% en word net bygetel indien die kliënt in Australië woonagtig is.
Elke aansoek word op ʼn individuele en volledige basis uitgevoer, en is bestem om die hele Australiese visum aansoek proses te dek. Die kliënt ontvang ʼn kwotasie en tydslyn, voor enige kontrakte geteken word. Daar is geen versteekte onkostes of fooie nie en ons gee soveel moontlik inligting voor die proses begin.
Alle aspekte en fases van jou aansoek word hanteer deur ʼn professionele geregistreerde immigrasie agent. Jy mag enige hoeveelheid vrae vra per telefoon, e-pos, Skype of SMS. Ons waarborg om jou te antwoord binne 24 uur, of te bevestig dat ons jou navraag ontvang het en daaraan werk, met ʼn tydsberaming van hoe lank dit sal neem. Ons moedig gereëlde kommunikasie met jou agent aan en ons bel of Skype van Australië af op ʼn voorafbepaalde tyd wat die kliënt pas. Ons hanteer alle dokumentasie en kommunikasie met die owerhede hier – (Departement van Immigrasie en Burgerskap (DIAC)) en verseker dat jou aansoek voldoen aan die baie hoë standaarde wat DIAC vereis. Ons gee jou ʼn professionele, maar eerlike evaluasie van wat jou kanse is om te kwalifiseer. MNA sal nie jou aansoek indien as ons nie seker is dat dit voldoen aan die vereistes van ʼn wettige en volledige aansoek nie. Ons bied aan elke kliënt ʼn 50% finansiële waarborg van ons fooi, indien jou visum aansoek nie goedgekeur word nie. (NB sien asb terme in hierdie verband).Die kliënt kan ontspan, wetende dat jou aansoek in goeie hande is en dat ons ons bes sal doen om jou moontlikheid van sukses te maksimeer.
Die volgende is ʼn opsomming van die professionele dienste wat ingesluit word in die MNA fooi:
• Gereelde kommunikasie en opvolg van inligting i.v.m. jou visum aansoek.
• Volledige verifiëring van al jou dokumente en vorms wat die kwalifikasie evaluasie moet vergesel soos voorgeskryf deur die verskillende instansies. Fasilitering met die betaling aan hierdie verskillende instansies.
• ʼn Lêer met die volledige lys van dokumente van al die inligting en bewyse wat benodig word vir jou spesifieke visum klas. Relevante inligting en advies i.v.m. vertaling, waarmerking en sertifisering. Hierdie lêer word by jou huis afgelewer deur DHL.
• ʼn IELTS boekie en CD met al die voorbeelde van die verskillende Engelse toetse wat jy sal moet afle as jy die IELTS toets moet doen. Dit word direk aan jou van Engeland afgelewer.
• Volledige verifiëring van al jou dokumente en vorms wat die visum aansoek moet vergesel, om te verseker dat dit aan die huidige wetgewing voldoen.
• Voorbereiding met die visum aansoek soos voorgeskryf deur DIAC sluit in:
1. Hulp en bystand met die invul van die vorms
2. Die samestelling van ʼn skriftelike voorlegging wat die visum aansoek vergesel, om te bewys dat die aansoek voldoen aan al die wetlike voorvereistes.
3. Indiening van die visum aansoek by die voorgeskrewe DIAC kantoor en koördinering van die aansoek fooi se betaling aan DIAC.
• Weeklikse monitering en terugvoering van die visum aansoek se vordering. Reaksie en beantwoording van enige verdere navrae wat DIAC mag hê i.v.m. jou aansoek, bv aanvraag van addisionele bewyse en dokumentasie.
• Bystand en raad met enige onderhoude wat DIAC mag aanvra. (Hierdie word nie gereeld aangevra nie).
• Beskikbaarheid om alle navrae te beantwoord i.v.m. jou immigrasie proses.
• Alle familie lede wat volgens die wet ingesluit mag word, sal ingesluit word in die een aansoek. Raad in hierdie verband sal altyd wees na aanleiding van die beste, goedkoopste en wettige opsies.
• Alle e-pos, telefoon en persoonlike konsultasie word by die MNA fooi ingesluit i.v.m. die volledige immigrasie proses.
• Al MNA se administratiewe en kommunikasie kostes is ingesluit en sal nie apart gehef word nie. Indien daar dienste gelewer moet word wat glad nie met hierdie aansoek verband hou nie en addisioneel is, sal ‘n nuwe lêer geopen, hanteer en kwoteer word.
Dit is baie belangrik om te verstaan dat dit die aansoeker se plig is om die nodige dokumentasie en kopieë te bekom i.v.m. die visum en die kwalifikasie aansoek. MNA sal hulp en raad aanbied waar moontlik en alle inligting verskaf waarvan ons bewus is om die taak te vergemaklik en te bespoedig. Ons sal jou voorsien van die voorgeskrewe formaat waaraan die bewyse moet voldoen en sal alle dokumentasie nagaan om te verseker dat dit aan die standaarde en voorgeskrewe reëls voldoen.
In Suid Afrika netwerk ons met maatskappye wat die volgende dienste lewer: verskepings, diere emigrasie, dokumentasie verkryging vanaf Binnelandse Sake en Australiese studie werwings agente.
Ons wil weereens klem lê op die feit dat ons nie die goedkeuring van enige visum aansoek waarborg nie. Hierdie besluit word geneem deur die DIAC immigrasie werker wat aangestel word oor jou lêer. Ons kan verseker dat jou aansoek aan die wetlike vereistes voldoen en dat dit volledig is om sodoende so vinnig moontlik beslis te kan word. Ons geldterug – waarborg dek nie gevalle waar die aansoek afgekeur word a.g.v. mediese- en karakter redes, of vervalste inligting of onwaarhede in die aansoek nie. Hersiening- en appél-sake van enige aansoeke sal addisionele kostes tot gevolg hê.
Vraag: Wat kan MNA vir my doen wat ek nie self kan doen nie?
Antwoord: Enige persoon mag ʼn aansoek voltooi en indien. Soos met enige area waar die wet gereeld verander en moeilik is om te verstaan, kan jy geld en tyd mors indien jy bv. vir die verkeerde visum klas aansoek doen of nie genoeg/of die regte bewyse inhandig nie. DIAC personeel is nie bereid om baie inligting te verskaf aan die publiek nie, aangesien elke geval verskil en hulle vermy om wetlike advies te lewer sonder die volledige agtergrond van elke aansoek. Die immigrasie wette verander omtrent weekliks en die inligting is nie altyd onmiddelik beskikbaar op die DIAC webwerf nie. Daar is kleiner vereistes wat nie altyd so duidelik is op die webwerf nie en agente maak gebruik van die wet eerder as om op DIAC se webwerf staat te maak. (Sien voorbeeld hieronder.) Party foute kan nie weer reggestel word nie, of die aansoeker mis ʼn belangrike afsluitdatum, en verloor die geleentheid om weer vir dieselfde visum aansoek te doen
Vraag: Is daar enige voordeel aan verbonde om ʼn MNA agent te gebruik vir my visum aansoek?
Antwoord: Ja definitief. ʼn Professionele, gekwalifiseerde agent kan jou help om die beste visum te kies vir jou omstandighede om sodoende geld en tyd te bespaar. Daar is meer as 140 visum klasse beskikbaar en dis maklik om die verkeerde een te kies. Dit is ons plig om te verseker dat jou aansoek voldoen aan al die vereistes met betrekking tot stawende dokumentasie om te verseker dat jou aansoek ʼn wettige aansoek is.
‘n Aansoeker vra byvoorbeeld hoekom hy ʼn agent moet gebruik as hy dit self kan doen. Sy aansoek lyk op die oog af baie maklik. ‘n Vraag wat ‘n agent sal vra is:
“Mnr X, jy is geskei en die kinders van jou eerste huwelik is in jou vrou se sorg. Wanneer jy en jou nuwe gesin gaan vir julle medies toetse, wie sal almal moet gaan?” Hy antwoord dat net die nuwe gesin moet gaan; want dis net hulle wat wil emigreer. Wel, ek het nuus vir hom. Indien hy nie sy tieners van die eerste huwelik ook neem vir mediese toetse nie en DIAC vind dit uit, dan is sy aansoek ʼn onwettige aansoek a.g.v. die nalating van mediese inligting van afhanklikes. Die feit dat die kinders van sy eerste huwelik glad nie belangstel om nou na Australië te emigreer nie, sluit hulle nie uit om aan die mediese vereistes te voldoen nie, aangesien hulle enige tyd in die toekoms mag besluit om by hulle pa te kom bly. Sy aansoek sal afgekeur word en hy loop die risiko dat hy vir ʼn voorafbepaalde tydperk nie weer vir sekere visums mag aansoek doen nie.
Vraag: As ek MNA gebruik (of enige ander agent), sal my aansoek vinniger beslis word?
Antwoord: Nee, desnieteenstaande aansprake wat party agente maak in hierdie verband, prosesseer DIAC alle aansoeke teen dieselfde pas, of dit deur ʼn agent of deur die aansoeker self ingedien word. Ondervinding het egter bewys dat korrekte en volledige aansoeke aansienlik vinniger geprosesseer word. Ons is daar om te verseker dat jou aansoek korrek voorberei word, volledig en wettig is volgens die vereistes, om jou sodoende geld en tyd te bespaar.
Vraag: Hoe weet ek dat ek nie te veel betaal vir die dienste nie?
Antwoord: Soos bo gestel, is daar nie ʼn vasgestelde prys vir immigrasie advies nie, maar ons verskaf aan al MNA kliënte die industrie gemiddeld, sodat hulle kan verseker wees dat hulle ʼn vergelykbare fooi betaal vir die diens wat ons lewer. Ons verskaf vooraf ʼn volledige kwotasie sodat kliënte presies weet waarvoor hulle hul finansieël inlaat. Ons kliënte is welkom om ons pryse te vergelyk met ander agente.
Vraag: Kan MNA my aansoek hanteer, al is ek nie in Australië nie?
Antwoord: Ja, meeste van ons kliënte woon in Suid Afrika. Ons kommunikeer baie effektief per e-pos, telefoon en Skype. Baie van ons kliënte “sien” meer van ons as wat hulle sou as hulle ʼn agent in SA gehad het. Ons besoek SA ten minste 4 keer per jaar, en ons lig al ons kliënte in oor die datums, sodat hulle met ons kan gesels as hulle in dieselfde stede is wat ons gaan besoek.
Vraag: Doen MNA GRATIS evaluasies?
Antwoord: Ja, ons gee ʼn gratis evaluasie nadat jy ons vraelys ingevul het en jou cv aan ons verskaf het.
Kontak ons by (w) 0061 7 55222 0207
(m) 0061 407 161641
(Skype) marlene.prentice
(e-pos) marlene@mignetau.com